Paul Smit

Verhoudingspesialis

Groei jou verhoudings, ontdek jou
potensiaal, lewe doelgerig!

Waarom

Verhoudingspesialis?

  • Ek het vir meer as 30 jaar mense-kennis opgedoen as ‘n leraar van 3 gemeentes;
  • Ek het ‘n gemeente in Potchefstroom geplant en saam met ‘n baie ervare span die gemeente gegroei tot ‘n sterk, selfstandige gemeente;
  • Ek het verskeie studies en kursusse in verhoudings voltooi;
  • Ek het vir baie jare huweliksverrykings seminare, kommunikasie kursusse en geestelike genesingskampe aangebied;
  • Ek bedryf die afgelope 12 jaar ‘n suksesvolle praktyk in Pretoria waar ek pare help met hulle verhoudings en indiwidue met die ontwikkeling van hulle potensiaal.

Bereik jou volle potensiaal deur negatiewe energie te omskep in positiewe energie.

Kontak Ons

Assistent – Nita Sutherland
Sel: 082 872 2540
Epos: info@paul-smit.co.za

My spreekkamers:
379 Kinross ln
Faerie Glen
Pretoria

88 Plattner Boulevard
Kingswood
George

Huweliksverhoudings

Ons bied kursusse aan vir paartjies in elke fase van hul verhouding – van verloofdes wat ‘n sterk fondament wil lê, tot getroude pare wat hul verhouding wil versterk of deur uitdagings soos magstryde, egskeiding of hersaamgestelde gesinne werk. Ons ondersteun ook paartjies wat ‘n nuwe lewensfase, soos aftrede, saam wil aanpak.

Ouer-kind verhoudings

Hoe ouers en hulle kinders interaktief met mekaar kommunikeer, sal grootliks bepaal of die gesin emosioneel gesond ontwikkel.

Werksverhoudings

Waar mense saamwerk, is daar altyd die potensiaal vir konflik. Konflik ontstaan o.a. omdat mense nie effektief kommunikeer nie en nie mekaar se sterk punte ken nie.

Ons het die kursus begin toe ons in ’n moeilike seisoen was en gevoel het ons praat net verby mekaar. Die begeleiding was prakties, eerlik en vol wysheid. Dit het ons gehelp om weer na mekaar te luister, die magstryd te los en doelbewus aan ons verhouding te bou. Vandag voel ons nader, sterker en meer toegerus vir die volgende fase van ons lewe saam.
Magriet Melan